Willa, Gideon en Sunita het lekker rustig langs die rivier in Guildford gekuier. Moes dam so paar swart mannetjies inkry op St.Patrick's Day. Ons het ons hoede gelove.
SMx2, Gideon & Willa het gaan stockcars kyk in Wimbledon. Dit was 'great fun' veral die 'Bangers'. Willa se geel-blou karretjie (Keith) het vir seker die aand gewen in ons oe...
'Aandete' by Ocean Basket in Hermanus. Het ons nie gelag vir 'n Namibier wat heen en weer oor die hoofstraat hardloop om 'n steel-foto in te kry nie...
Hellooo Almal! Ek dink dat dit eintlik Sunita se werk moet wees om hierdie 'blog' te onderhou, sy is net soveel beter met woorde en mooi briefies skrywe. Dis net die begin en ek deel sommer 'n paar foto'tjies van ons laaste vakansie in SA. As ons weet hoe alles werk sal hier dalk meer briefies kom... Geniet dit en groete vir eers.