Sunday, 25 May 2008

Sevens World Series op Twickenham

Cheers Ginger!! So sexy!!
Die Bokke het na die tyd na rooikoppe se kant toe gekom en kom groet. Hul het 'n goeie dag op kantoor gehad. 3 games en 3 goed gewen. Die laaste game van die dag was teen England en ai, dis altyd 'n FEES om die klomp Engelse te wen as mens so tussen hul staan. TWICKENHAM TICKETS!!! Steph het 'n HIGH MUPPET!!


Jy kon net ORAL die vuur koppe spot.
26 van ons het SA se naam gaan hoog hou daar tussen al die ander. Was groot pret. Die VUUR KOPPE het omtrent uitgestaan!!

I'm too sexy for my hair...check the look!!!

Vriende van ver

Ryno en Michelle kuier in London.

Hoe rooier, hoe mooier. Die perfekte kombinasie vir die Afrikaanse generasie.
Hendrik en Christelle vir 'n blitsige 'hallo'. Nie geweet mens moes so ver loop vir daai spesiale ' Bella Italia' restaurant nie. :-)

Tower Bridge


Eerste keer in die 3 jaar wat ek die Tower Bridge sien oplig vir 'n groot boot wat onder deur moes ry. Dit is nogals 'n gesig.




Steph druk die knoppie om die brug oop te maak. Die nuwe tegnologie van vandag...:-)

Essex SPA

Met ons 1 year anniversary het Steph my verras met 'n dag by die Spa voor ons vir Ryno en Michelle by die lughawe gaan haal het.

Ons het 'kamstig' 'n verkeerde pad gery en ek moes hom MET DIE KAART beduie hoe om weer terug te kom op die hoofpad. Al die tyd ry ons eintlik uit London uit...


HEERLIKE ONTBYT




Dit was die mooiste plek. 'n Groot golf course en spa.

Ons het omtrent geswem in die warm water swembaddens, gesauna, gesteam, en geborrel. Was behoorlik verfris na die dag by die spa.

Wednesday, 21 May 2008

Great Yarmouth kamp




Great Yarmouth se boot-anker blommetjies. Kyk net die mooie op die voorgrond...








Die GPS het gese hier loop 'n pad... Darm maar net asemrowend om so vry in die natuur te wees en ons God se skeppingshand te kan bewonder.







Na die dik-sand en amper-amper val, darm 'n semi-afdraand. Passop net vir die spoedkamera...







Is dit nou Laurel & Hardie in die voorgrond of in die agtergrond..?







Draai-roomys op die Great Yarmouth strand. Alhoewel die son jou kreef-rooi brand, bly dit koud as die wind van die see af in waai. Dis net in Ingeland wat mens met dik reenbaadjies op 'n sonskyn dag op die strand sit.



Binne-in die standsmure van Burgh kasteel. Die binne-mure het al lankal vergaan en net die versterkte stadsmure bestaan vandag nog. Die kasteel is in 280AD gebou.




Die 'Frieken' lakes... Hier met fietse rond gery. En toe word ons dors...









Die voorouers het darm geweet hoe om 'n toilet te bou met 'n mooi uitsig.







Sunita het uiteindelik haar paleis opgespoor, maar die 'hansome prince' ...

(Sal 'n wit Nissan doen as 'n wit perd..?)