Saturday, 8 November 2008

Road trip to Cambridge 30 Sept 08


Toe die son skyn toe besluit ons ons MOET 'n road trippie doen en verseker met die motorfiets. Hier is ons gegear en reg vir pad vat Cambridge toe vir die dag.


Dit was 'n pragtige sonskyn daggie. Hier's ons by die bekende King's College. Amazing gebou.


Ons moes defnitief 'n roomys ook inwerk!









Ons het 'n bootjie gehuur en al langs die kanaal afgery of 'gepunt' soos hulle dit noem.





Steph het die bestuurdery met die pyp gelike. Dis nie 'n spaan nie net een reguit lang yster pyp.








Ek het ook hard probeer, maar dit het maar beroerd gegaan met my 'punting' vermoe. Ons was meer in die takke en aan wal! Ek was so frustreerd met die lang, yster stuurwiel! (Kyk die clip) Baie gelag!


....maar, PRACTISE MAKES

PERFECT!!! Hier sweef ons teen

die rivier af. Yeh right!











1 comment:

Suzaan said...

Toe ek en my ma en tannie in Cambridge was het ons dit maar oorgegee aan die professionele "punters"...Julle lyk pragtig saam!!